Saartjie se papegaai
Saartjie is in die moeilikheid. Sy het 'n baie belangrike brief, een wat dalk 'n ou oom se lewe kan red, verloor! Die brief het in 'n werkboek beland en nou het Ou Nukke, Hoërskool Saamwerk se gevreeste juffrou, dit. Volgens Saartjie is die enigste manier om dié brief terug te kry 'n inbraak by die juffrou se tuiste...
Om hierdie storie nóg meer opwindend te maak, gaan Saartjie en Anna boonop Durban toe. Hier ontmoet hulle 'n ou seeman met 'n pratende papegaai. Saartjie sal enige iets gee om só 'n papegaai te hȇ. Sal die twee meisies 'n hotel vol knorrige ooms en tannies kan opkikker? Sal Saartjie dalk haar droom papegaai kry?
Ek het Saartjie se Papegaai vreeslik geniet. Dit was vol lawwe pogings en poetse wat 'n mens hardop laat lag. Die enigste deel waarvan ek nie gehou het nie, was toe Saartjie eers ou Nukke se hoed wou aanpas voor sy ontsnap het. Die juffrou het haar gesien. Vȇrder was dit 'n wonderlike verhaal wat ek sterk sou aanbeveel.
Bladsye: 128
Prente: geen
Comments
Post a Comment